Kabinet besluit oor Psemas-heraansoekeNovember 26, 2021

Die Namibiese kabinet het aanpassings vir die herregistrasie van geskorste Psemas-lede goedgekeur. Volgens die ministerie van inligting, mag afgetredenes wat nie heraansoek vir lidmaatskap gedoen het nie, dit nou doen. Lede wat permanente verbly buite die land se grense het se lidmaatskap word opgehef behalwe as hulle behandeling in Namibië ontvang. Betalingsopsies moet ontwikkel word vir pensioenarisse wat voor onafhanklikheid afgetree het maar, afgetredenes wat nie langer as twee jaar lidmaatskap van die fonds gehad net nie, se lidmaatskap word opgehef.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *