Jeff Bezos se lewenslange droom verwesenlik

Die sake-eienaar en magnaat Jeff Bezos het ‘n lewenslange droom verwesenlik toe hy vandag, op die 51ste herdenking van die eerste maanlanding, na die rand van die ruimte lanseer is. Die voormalige uitvoerende hoof van Amazon se sub-orbitale reis aan boord van Blue Origin se New Shepard-vuurpyl, is beskryf as ‘n reuse-sprong vir die ruimte-toerismebedryf. Bezos is deur sy broer, Mark, vergesel sowel as die 18-jarige Oliver Daemen en die 82-jarige Wally Funk, wat onderskeidelik die jongste en oudste ruimtereisigers geword het. Hulle het agterna in Texas geland.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *