18 tenders vir hospitaal-opknappings gekanselleer
Die ministerie van werke het 18 tenders vir opknappingswerk by die Katutura- en Sentraal-hospitale met onmiddellike effek gekanselleer. Die tenders was tussen Augustus en Oktober geadverteer en terwyl die kansellasie op die regering se aanlynportaal gelaai is, is daar geen redes aan bieërs vir die kansellasie verskaf nie. Volgens die Tender Bulletin is een moontlike rede die besnoeiing van 14 miljoen Namibiese dollar in die middeltermyn begroting vir werke soos deur finansminister Ipumbu Shiimi aangekondig. Die 18 tenders het belangrike opknappingswerk vir die twee mediese fasiliteite ingesluit.