Zweli wil ANC herenig

‘n Lid van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee, Zweli Mkhize, sê hy beloof om die verdeelde party te verenig indien hy in Desember tot ANC-president verkies word. Die voormalige gesondheidsminister sê die party bly verdeeld. Mkhize sê hy is deur verskeie takke gevra om deel te neem aan die wedloop vir die ANC-presidentskap. Mkhize glo hy is die regte man vir die posisie: