Reën het Proteas beroof van oorwinning

Die Proteas se eerste T20-Wêreldbekerwedstryd teen die buurland Zimbabwe in Hobart het uitgereën toe Suid-Afrika op die rand van ‘n oorwinning was. Die wedstryd is eers tot nege boulbeurte per span verkort en Zimbabwe het herstel van 19 vir vier om 79 vir vyf te haal. Quinton de Kock het daarna 47 van net 18 balle gemoker en Suid-Afrika was op 51 sonder verlies – net 13 lopies kort van ‘n hersiene teiken van 64 van sewe boulbeurte. Dit beteken die spanne deel die punte. Die Protea-snelbouler Lungi Ngidi sê dit was moeilike omstandighede om in te boul.