Zuma word nie regverdig behandel nie, sê Mpofu

Regter Bhekisisa Mnguni van die hooggeregshof in Pietermaritzburg sal Vrydag uitspraak lewer in oudpresident Jacob Zuma se aansoek vir die uitstel van sy inhegtenisneming. Die Konstitusionele Hof het Zuma tot 15 maande gevangenisstraf gevonnis vir minagting van die hof nadat hy ‘n bevel deur die land se hoogste hof verontagsaam het, om voor die staatskapingskommissie te verskyn. Intussen word Zuma se aansoek aan die Konstitusionele Hof om sy vonnis te herroep, Maandag aangehoor. Sy advokaat Dali Mpofu het aangevoer dat die voormalige president nie regverdig behandel is nie: