Maties is medeborg van nuwe tydskrif

Die Universiteit Stellenbosch is medeborg van ‘n nuwe aanlyn tydskrif in Engels en Frans wat verslag doen oor wetenskaplike navorsing en kwessies van wetenskap-beleid op die Afrika-vasteland. ‘n Woordvoerder sê die tydskrif, Nature Africa, sal navorsing met die grootste invloed op die vasteland dek en dit aan wetenskaplikes en besluitnemers oordra. Buiten nuus en navorsings-hoogtepunte sal Nature Africa ook hoofartikels, meningstukke en kommentare uitgee. Ander vennote van die tydskrif sluit die Universiteite van Johannesburg en Pretoria in.