NSX tel effe op, voorspellings moeilik

Die uitvoerende hoof van die Namibiese aandelebeurs, Tiaan Bazuin, het gesê dit is nie tans ‘n baie besig tyd op die aandelebeurs nie, maar daar is wel ‘n styging in pryse. Bazuin het die jongste nuus oor aandelemarkte met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.