Zuma-stigting vies oor berig oor Zuma in kasino

Die Jacob Zuma-stigting het die Sunday Times vir ‘n artikel oor oudpresident Jacob Zuma gekritiseer, nadat hy Vrydag by die Sibaya-casino in Durban opgemerk is. Zuma het volgens berigte ‘n aantal lojale bondgenote, onder wie die voormalige Luthuli-huis-personeellid, Carl Niehaus, en die gewese voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, Dudu Myeni, by die casino ontmoet. Zuma is tans uit op mediese parool. Die stigting se woordvoerder, Mzwanele Manyi, sê daar is ander voorwaardes vir mediese parool wat nie net aan terminaal siek pasiënte toegestaan word nie. Manyi sê mense verstaan nie die feite nie.