Stephen Mokoka wen die Kaapstad Marathon

Padwedlope: Die Suid-Afrikaner Stephen Mokoka het vanoggend die Kaapstad Marathon in ‘n nat Moederstad gewen. Gebru Redaghne van Ethiopië het tweede gekom met Tebello Ramakongoana in die derde plek. Onder die vroue was die nuweling Lydie Siminyu van Kenia eerste oor die wenstreep in ‘n tyd van twee-uur, 25-minute en 41-sekondes. Haar landgenoot Lucy Karimi het tweede geëindig, 16 sekondes vinniger as die derde atleet, Aynalem Teferi van Ethiopië. Die plaaslike held, Gerda Steyn, was in die vierde plek met ‘n tyd van twee-uur, 26-minute en 25 sekondes.