Aktiewe Covid-gevalle onder 900

Die Namibiese ministerie van Gesondheid het bekendgemaak dat daar 24 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig is. Oshikuku het vyf, Windhoek, Oshakati en Okongo het drie elk, Tsandi, en Lüderitz en Onandjokwe twee elk. Die res kom landwyd voor. Daar is op die oomblik steeds 898 aktiewe gevalle, met 123 880 wat reeds herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal van 128 326. Die totale sterfgevalle staan tans op 3 538.