Tsumeb-inwoners moet water kook voor gebruik

Die Tsumeb-munisipaliteit het inwoners gewaarsku om nie water uit krane te gebruik nie, nadat toetse wat deur Dundee Precious Mines gedoen is, hoë mikrobiologiese spore in die water gevind het. Volgens ’n verklaring van die uitvoerende hoof se kantoor, doen die munisipaliteit sy eie toetse oor die kwaliteit van water en moedig hulle inwoners aan om intussen water voor gebruik te kook. Die munisipaliteit se waarskuwing kom nadat Dundee Precious Mines aangekondig het dat die dorp se water ongeskik is vir menslike gebruik en reëlings getref het om drinkbare water aan sy werknemers te verskaf. Die skakelbeampte van die munisipaliteit Stella Imalwa-Nangolo het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.