Zuma se privaatvervolging uitgestel tot volgende jaar

Die Hooggeregshof in Pietermaritzburg het oud-president Jacob Zuma se privaat vervolging van staatsaanklaer, Billy Downer, en die joernalis van News24, Karyn Maughan, tot 2 Februarie volgende jaar uitstel. Die twee beskuldigdes se aansoeke om die vervolging onregmatig te laat verklaar, word op 8 en 9 Desember in dieselfde hof aangehoor. Zuma se regsverteenwoordiger, Dali Mpofu, sê die voormalige president het nou ‘n deposito van 500 000 Suid-Afrikaanse rand betaal om voort te gaan met die privaat vervolging: