Polisie-hoof sê motorkaping wek kommer

Motorkaping word ‘n uitdaging in die hoofstad en gevalle raak al hoe meer algemeen met nog een wat Sondagnag aangemeld is. Dit is nie ‘n misdaad waarvoor Windhoek of enige ander dorp bekend was nie. Oor die algemeen wil dit voorkom asof sindikate meer aktief raak in die land. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoof van die Windhoek Stadspolisie Abraham Kanime gesels oor die kommerwekkende neiging.