DA verwag styging in Gauteng se e-tol-pryse 

Die DA in Gauteng sê motoriste in die provinsie kan die instelling van ‘n nuwe of ‘n verhoogde belasting verwag om vir die e-tol te betaal. Die nuwe premier, Panyaza Lesufi, het die LUR vir finansies, Jacob Mamabolo, opdrag gegee om met ‘n nuwe inkomste-model vorendag te kom sodat die skuld wat aangegaan is om die e-tolpaaie te bou, van Sanral kan weggeneem word. Die DA-lid, Fred Nel, sê die party sal voortgaan met sy veldtog om hierdie ongewenste stelsel te laat skrap.