Zuma se ondersteuners maak gereed vir môre se gebedsdag

Kommer bestaan oor die Jacob G Zuma-stigting se planne om môre ‘n gebedsbyeenkoms vir oudpresident Jacob Zuma te hou. Dit sal by die People’s Park in die Moses Mabhida-stadion in eThekwini plaasvind. Dis nog onseker hoeveel mense dit sal bywoon en of hulle ingeënt moet wees. Waarnemers sê die groep wat ten gunste van radikale ekonomiese hervorming is, sal die gebedsbyeenkoms gebruik om die oudpresident weer op die voorgrond te plaas in aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing.