Geen alkoholverkope op SA stemdag

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, sê alkohol sal waarskynlik nie op stemdag verkoop word nie. Cele het die inwoners van Greytown in KwaZulu-Natal toegespreek op ‘n blitsbesoek. Hy sê President Cyril Ramaphosa het stemdag op 1 November tot openbare vakansiedag verklaar om mense toe te laat om te stem. Hy versoek inwoners om in groot getalle by die stembus op te daag. Die ANC staar ‘n groot uitdaging in die gesig by die munisipaliteit waar hy met ‘n klein meerderheid in beheer is.