Popular Democratic Movement hou volgende week beleidskonferensie

Die amptelike opposisieparty in Namibië, Popular Democratic Movement, gaan na verwagting uitgebreide standpunte oor landbou-, stedelike en voorvaderlike grond tydens hul beleidskonferensie volgende week ontwikkel en aanvaar. Die party se sekretaris-generaal, Manuel Ngaringombe, het gesê die beleidskonferensie sal vanaf 18 tot 22 Oktober op Otjiwarongo plaasvind en deur sowat 100 afgevaardigdes bygewoon word wat onder meer grondkwessies en die sogenaamde rooilyn gaan bespreek.