Pakhuis met bekostigbare  mieliemeel open naby Ongwediva 


Die Vuche Vuche-pakhuis vir gesifte wit mieliemeel, wat aan die voormalige Namibiese gesondheidsminister, dr. Richard Kamwi behoort, is op Kandjenedi naby Ongwediva in die Oshana-streek oopgemaak om goedkoop mieliemeel aan gemeenskappe te verskaf. Kamwi sê sodra hulle hul eie masjien gekry het, sal mieliemeelpryse nog kan daal. Tot dusver is 240 ton mieliemeel verkoop en 60 ton is steeds by die pakhuis beskikbaar. Kamwi sê die doel is om bekostigbare mieliemeel landwyd beskikbaar te maak en hopelik na Angola uit te voer.