Zuma se hele saak is kommerwekkend

Die Helen Suzman-stigting sê Suid-Afrika is ‘n grondwetlike demokrasie en oud-president Jacob Zuma se saak is ‘n aantasting van daardie grondwetlike demokrasie. Zuma gaan vandag in die Hooggeregshof in Pietermaritzburg probeer om die Konstitusionele Hof se bevel vir sy inhegtenisneming ter syde te laat stel. Anton Van Dalsen van die stigting sê dit is kommerwekkend dat Zuma probeer om ‘n bevel van die hoogste hof in die land nietig te verklaar, veral in die konteks van so ‘n belangrike projek, naamlik om korrupsie en staatskaping bloot te lê:

Die stigting beplan intussen ook om Zuma se dringende aansoek in die Konstitusionele Hof vir die tersydestelling van sy gevangenisstraf teen te staan. Van Dalsen sê die gronde vir so ‘n tersydestelling is baie beperk: