Interpol se ‘rooi kennisgewing’ verwelkom

ActionSA sê hy verwelkom die rooi kennisgewings wat teen die Gupta-familie en hul sakevennote uitgereik is. Interpol het die kennisgewings uitgereik teen Atul Gupta en sy vrou Chetali; Rajesh Gupta en sy vrou Arti; die persoon wat rekeninge by die gewese Nulane-beleggingsbank van Baroda onderteken het, Ankit Jain; die direkteur van Wone Management, Ravindra Nath; asook die direkteure van Pragat Investments, Ramesh Bhat en Jagdish Parekh. Lerato Ngobeni van ActionSA sê die stap is ‘n antwoord op Suid-Afrikaners se begeerte dat geregtigheid moet geskied:

‘n Rooi kennisgewing is ‘n versoek aan wetstoepassers wêreldwyd om ‘n persoon op te spoor en voorlopig in hegtenis te neem hangende uitlewering, oorgawe of soortgelyke regstappe.