Britte moet eie oordeel gebruik – Boris

Brittanje se eerste minister, Boris Johnson, sê die opheffing van byna alle Covid-19-beperkings in dié land op 19 Julie is nié roekeloos nie. Johnson sê mense moet hul eie oordeel gebruik om die risiko van Covid-19-infeksies te verminder wanneer die regulasies oor die dra van gesigmaskers, sosiale afstand en byeenkomste opgehef word. Hy sê Brittanje is in die posisie om die meeste wettige beperkings te beëindig danksy die sukses met landwye Covid-19-inentings wat die kans verswak dat mense wat die virus opdoen, daaraan sal sterf: