Daar is 1 178 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig.

Die Namibiese gesondheidsministerie het bekendgemaak dat daar 1 178 nuwe Covid-19 gevalle uit 3 214 uitslae in die land bevestig is. Windhoek 235, Swakopmund 192, Walvisbaai 131, Katima Mulilo 108, Oshana 89 en Otjiwarongo 64. Die res kom landwyd voor. Daar was 40 sterftes. In die groep is 176 leerders, 32 onderwysers, 25 studente en 38 gesondheidswerkers. Daar is steeds 22 738 aktiewe gevalle, waarvan 546 in hospitale en 104 in intensiewesorg is.