Zuma-saak dalk uitgestel?

Die Jacob Zuma-stigting het bevestig die oudpresident se regspan en die Nasionale Vervolgingsgesag voer samesprekings oor ‘n gesamentlike aansoek by die Hooggeregshof in Pietermaritzburg om dié week se verrigtinge uit te stel. Zuma moet teenwoordig wees wanneer sy korrupsiesaak oor die wapentransaksie môre begin. Singabakho Nxumalo van die NVG het bevestig Zuma is steeds in die hospitaal nadat hy Vrydag vir waarneming opgeneem is.