R. Kelly se jurie word vandag gekies

Die bekende Amerikaanse sanger R. Kelly sal vandag in Brooklyn, New York in die hof verskyn. Die jurie in sy saak van mensehandel vir seksuele uitbuiting word vandag gekies. Kelly, 54, staar nege klagtes in die gesig wat omkopery, bedrog en afpersing insluit word daarvan beskuldig dat sy personeel jong meisies vir hom gewerf het wat hy dan misbruik het na hy hulle stelselmatig geïsoleer het. Die verhoor begin op 18 Augustus voor die distriksregter Ann Donnelly. Kelly is reeds twee jaar in aanhouding.