Zuma moet tronk toe meen kenner

Die versuim om die uitspraak van die Konstitusionele Hof teen oudpresident Jacob Zuma uit te voer, sal die regsbeginsel in Suid-Afrika laat wankel. Dit is die mening van ‘n politieke ontleder en dosent in Politieke Wetenskap aan die Universiteit van die Vrystaat, Theo Neethling. Die Hooggeregshof in Pietermaritzburg sal vandag Zuma se aansoek vir die tersydestelling van sy inhegtenisnemingsbevel aanhoor. Neethling sê die voormalige president behoort tronk toe te gaan: