Kora: openbare entiteit is misbruik

Die Namibiese Toerismeraad die Kora-aangeleentheid is die ergste voorbeeld tot dusver van die misbruik van ‘n openbare entiteit deur ‘n privaat maatskappy. Die raad soek die 23,5 miljoen Namibiese dollar wat hy as deposito vir bemarking van die land vir die Kora-musiektoekennings betaal het, terug, met 20 persent rente. Die toekennings sou in Maart 2016 in Namibië plaasgevind het maar dit het nooit gebeur nie. Die toekennings word deur die Nigeriese besigheidsman Ernst Adjovi en sy maatskappy Mundial besit. Die toerismeraad sê Mundial het nog geen bewyse voor die hof gebring dat hy enige reg het om die fondse te behou nie. Die regering het ‘n 6 miljoen Amerikaanse dollar ooreenkoms met Mundial vir die toekenning onderteken en ingevolge die bepalings moes 2 miljoen Amerikaanse dollar teen 11 Desember 2015 betaal word. Dit is gedoen. Finale betoë in die saak sal op 31 Augustus voor regter Herman Oosthuizen gelewer word.