Zuma mag sy belastingrekords geheim hou, sê prokureur

Die prokureur van die voormalige president, Jacob Zuma, Thabani Masuku, sê die gehalte van die bewyse waarop staatgemaak word in The President’s Keepers, die ondersoekende joernalis, Jacques Pauw se boek van 2017, is onwettig bekom en is afkomstig van bronne wat in stryd is met die belastingwetgewing. Uitspraak in die Grondwetlike Hof in die regstryd om toegang tot Zuma se belastingrekords van 2010 tot 2018, is voorbehou. Masuku sê om die spekulatiewe bewerings in Pauw se boek te gebruik om  ‘n grondwetlike uitdaging te bepaal en Zuma se grondwetlike reg op privaatheid te misken, verlaag die grondwetlike drempel van beskerming.