Veediewe in Suide is bekend aan owerhede, maar gemeenskap werk nie saam nie

Reaksie word ontvang op media berigte oor 168 gesteelde skaap wat op ‘n hervestigingsplaas naby Maltahöhe gevind is. ‘n Karkas is selfs onder ‘n bed gevind. Drie is in hegtenis geneem en David Visser, Petrus Visser, Desney Isaak en Jakobus Swartbooi is borgtog geweier. Gibeon se operasionele komitee teen veediefstal onder leiding van Christiaan Swartbooi, Daweb se operasionele komitee teen veediefstal en die Namibiese polisie het op die vonds afgekom na skaap gesteel is en die spoor geneem is. Swartbooi sê daar is bekende veediewe en die gemeenskap moet hulle oorgee aan owerhede.