Euro-sone se inflasie is deur die dak

Energiepryse en onderbrekings veroorsaak deur die oorlog in Oekraïne het verbruikerspryse in die Euro-sone met ‘n nuwe rekord van 7,5 persent laat styg. Die styging vanaf ‘n reeds rekordsyfer van 5,9 persent in Februarie, is aangevuur deur ‘n 44,7 persent jaar-op-jaar styging in energiepryse. Europa is vasgevang in ‘n olie en gas-drukgang, weens die spanning met Rusland omdat hy sy pro-Westerse buurland ingeval het.