Zuma is lus vir staan by ANC-verkiesingskonferensie

Oudpresident Jacob Zuma het bevestig dat sommige takke hom genader het om hom beskikbaar te stel vir die posisie as die ANC se nasionale voorsitter wanneer die party se verkiesingskonferensie in Desember gehou word. Hy sê in ‘n verklaring hy sal nie weier as takke reken hy moet weer die organisasie dien nie. Zuma het ook sy ondersteuning uitgespreek vir die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, as ANC-president. Hy sê sy is steeds die bekwaamste om die regerende party te lei.