Olie versterk effe op Opul aankondiging

Oliepryse het vanoggend effe gestyg na nege-maande laagtepunt van 82 Amerikaanse dollar ‘n vat laat Maandag behaal is. Die styging kom op die nuus dat Opul en sy vennote moontlik produksie verder kan verlaag na aanleiding van kommer oor ‘n resessie en die dalende prys. Olie verhandel tans rondom 84 dollar ‘n vat. Daar is volgens kenners ook verligting in die mark met die effe verswakking wat in die Amerikaanse dollar aangeteken is. Die Amerikaanse geldeenheid het ‘n 20-jaar hoogtepunt bereik en het van 18 rand en 11 sent tot rondom 17 rand en 96 sent gedaal. Produsente sê stappe sal geneem om word beide ‘n skerp styging in die olieprys, sowel as ‘n ineenstorting, te vermy.