Britse afrigter sê sy spelers het karakter getoon

Die bestuurder van Engeland, Gareth Southgate, sê sy spelers het karakter getoon in hul Nasiesliga-kragmeting teen Duitsland op die Wembley wat met drie-elk gelykop geëindig het. Engeland is egter op dramatiese wyse van ʼn oorwinning ontneem na ʼn fout drie minute voor die einde deur die doelwagter, Nick Pope wat Duitsland in staat gestel het om die gelykmakende doel aan te teken. Dis die eerste keer in 29 jaar dat Engeland ses wedstryde agtereenvolgens nie kan wen nie. Southgate sê al drie doele wat sy span afgestaan het, kon gekeer word: