Zuma hoor môre oor minagting

Oudpresident Jacob Zuma sal môre hoor wat die Konstitusionele Hof besluit het oor die saak van minagting van die hof wat die staatskapingskommissie teen hom aanhangig gemaak het. Die kommissie het die land se hoogste hof gevra om Zuma skuldig te bevind omdat hy, ten spyte van ‘n hofbevel, vroeër vanjaar geweier het om voor die kommissie te verskyn. Die kommissie stel tronkstraf van twee jaar voor. Die hof het op sy amptelike Twitter-rekening aangekondig dat hy gereed is om môreoggend tienuur uitspraak te lewer.