Doen hier aansoek vir jou permit

Lede van die publiek is gemaan om by die korrekte kantore aansoek vir permitte te doen. Volgens die gesondheidsministerie mag Nampol se stasie bevelvoerders, uitvoerende direkteurs en streeksdirekteurs van die ministeries van gesondheid, onderwys, handel en toerisme die permitte uitreik. Dar is die afgelope tyd klagtes ontvang van lede van die publiek wat nie deurgelaat word nie. Die ministerie sê alle Covid-maatreëls wat passasiers in voertuie insluit, sowel as maskers en meer, moet ook gehandhaaf word.