Zuma het tot vandag tyd om hofsaak teen Cyril terug te trek

President Cyril Ramaphosa se staatsprokureur sê oudpresident Jacob Zuma het tot vandag tyd om sy aansoek terug te trek, wat die president gelas om in Januarie in die hof te verskyn. Zuma het verlede week aangekondig hy het in die hooggeregshof in Johannesburg met ʼn private vervolging van Ramaphosa begin. Zuma beskuldig Ramaphosa daarvan dat hy medepligtig is aan beweerde wangedrag deur die staatsaanklaer, Billy Downer. Die staatsprokureur is van mening die dagvaarding is ongrondwetlik en ongeldig.