Byna helfte meer kinders as volwassenes in Omusati verkrag

Altesaam 64 sake van kinder-verkragting is sedert begin vanjaar by die Namibiese polisie in die Omusati-streek aangemeld. Dit is amper twee keer soveel as die 38 volwassenes wat sedert die begin van die jaar in die streek verkrag is. Volgens die streeksbevelvoerder, kommissaris Ismael Basson, het Omusati sedert Januarie 100 verkragtingsake aangeteken, waarvan 60 minderjarige meisies en vier seuns is. Basson sê 34 gevalle van verkragting was van vroue en vier mans. Hy sê hierdie getalle is kommerwekkend en die polisie werk nouer saam met die publiek om bewustheid oor geslagsgeweld te kweek in ‘n poging om dit stop te sit.