Taliban sluit universiteite vir vroue in Afghanistan

Die Taliban het die onmiddellike sluiting aangekondig van universiteite vir vroue in Afghanistan.  Dit beperk vroue se toegang tot formele onderwys en opleiding nog verder, nadat hulle reeds van die meeste sekondêre skole uitgesluit was. Ná die Taliban-oorname verlede jaar het universiteite aparte klaskamers en ingange vir vroue ingestel. Die jongste stap is deur baie met diepe wanhoop begroet. Duisende Afghaanse meisies en vroue het drie maande gelede universiteits-toelatingseksamens afgelê, maar met wye beperkings op die vakke wat hulle kon neem.