Zuma gaan in Desember vir top-6 staan 

Suid-Afrika se gewese president Jacob Zuma gaan na wat berig word in Desember by die party se verkiesingskonferensie staan vir ‘n posisie in die ANC se top ses. Provinises is nou aan die veg vir, en aan die uitruil van name en posisies ter ondersteuning van mekaar voordat die konferensie gehou word. Die voorsitter van die Jacob Zuma Stigting, Dudu Myeni, het aan Suid-Afrikaanse media gesê die stigting sal Zuma ten volle ondersteun as takke hom sou benoem. Zuma ondersteun ook na wat berig word vir Nkosazana Dlamini Zuma om in die top ses te wees. Dlamini-Zuma het in 2017 by die nasionale konferensie teen die huidige ANC-leier Cyril Ramaphosa verloor.