Die opheffing van stortingbelasting is uiters sleg vir pluimvee-produksie 

Daar is kommer oor die stand van sake rakende die storting van pluimvee in die SACU-streek. Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging het twee jaar terug ‘n teenstortingsaansoek by die betrokke liggaam ITAC ingedien teen die invoer van bevrore hoender van Brasilië, Denemarke, Ierland, Pole en Spanje na die streek. Daar is ondersoek ingestel en ITAC het ‘n teenstorting belasting ingestel wat 14 Junie vanjaar gegeld het. Terwyl storting steeds bevestig is, het die Suid-Afrikaanse handelsminister Ebrahim Patel die belasting opgeskort vir 12 maande vanaf 1 Augustus, blykbaar as gevolg van hoë voedselinflasie. Kenners meen Patel se besluit baat nie die verbruiker nie. Plaaslik het produsente ‘n oorvloed voorraad terwyl invoere in die afgelope vyf jaar met meer as 111% gestyg het.