Zuma en MK vra uitstel by die hof

Oudpresident Jacob Zuma en die MK-party se regspan het die Konstitusionele Hof gevra vir uitstel om beëdigde verklarings in te dien, rakende die Verkiesingskommissie se appèlaansoek. Die Hooggeregshof het vroeër gelas, enigiemand wat die appèl wil teenstaan moet teen vandag beëdigde verklarings indien. Die OVK appelleer teen die verkiesingshofbevel wat Zuma toelaat het om vir die Parlement te staan, ondanks sy kriminele rekord. Die MK-party het uitstel gevra tot volgende week Dinsdag.