Zuma dagvaar Downer en joernalis Karyn Maughan

Oudpresident Jacob Zuma het ‘n privaat vervolging van stapel gestuur teen staatsadvokaat, Billy Downer en die veteraan-joernalis, Karyn Maughan. Dit volg nadat Zuma se mediese rekords gepubliseer is, wat verlede jaar aangeheg is by hofstukke wat by die Hooggeregshof in Pietermaritzburg ingedien is. Downer is die aanklaer in Zuma se korrupsieverhoor. Die Jacob Zuma-stigting se woordvoerder, Mzwanele Manyi, beweer Downer het die inligting sonder magtiging aan Maughan uitgelek. Manyi sê hulle sal op die tiende van volgende maand in die Hooggeregshof verskyn: