Kommer oor grootste meer in Pakistan

Pakistanse owerhede skarrel om ‘n breuk in sy grootste meer te vergroot en te verhoed dat die water oorloop te midde van ongekende vloede wat ‘n derde van die land oorstroom het. Soveel as 33 miljoen mense is geraak, met ten minste 1 325 wat gesterf het, insluitend 466 kinders. Met nog meer reën wat in die komende maand verwag word, kan die situasie verder vererger. Die VN se vlugteling-agentskap sê hy het groot kommer nie net oor meer mense wat ontwortel sal word nie, maar dié wat reeds dakloos is en geen bronne van voedsel oor het nie omdat hul vee versuip het en landerye verspoel het.