Handelstekort verswak verder in Julie 

Die Namibiese Statistieke-agentskap het die handelsyfers vir Julie bekend gemaak. Die totale waarde staan op 18,9 miljard Namibiese dollar, 3,9 persent minder as wat in Junie aangeteken is, maar 73,4 persent meer as die syfer vir Julie verlede jaar. Volgens die statistikus-generaal Alex Shimuafeni, het die handelstekort verder verswak na 4,3 miljard dollar teenoor 2,5 miljard dollar in Junie en 3,6 miljard in Julie 2021. Botswana is die grootste mark vir uitvoere en, oudergewoonte, is Suid-Afrika steeds die grootste mark vir invoere. Ook oudergewoonte, was die vyf top-kommoditeite diamante, vis, uraan, nie-monetêre goud en petroleum-olies die hoof uitvoere. Heruitvoere presteer baie goed en het op ‘n maandgrondslag met 8,8 persent verbeter met 121,6 persent wat op ‘n jaargrondslag aangeteken is.