Zuma: Cele het eintlik geen keuse nie

Die minister van polisie in Suid-Afrika Bheki Cele, het geen keuse as om die voormalige president Jacob Zuma in hegtenis te neem nie. Dit was die argument van advokaat Tembeka Ngckaitobi, wat namens die staatskapingskommissie in die Hooggeregshof in Pietermaritzburg verskyn het. Zuma het die hof genader om te keer dat hy in hegtenis geneem word, hangende die bevinding van die Konstitusionele Hof oor sy aansoek om sy vonnis van 15 maande om te keer. ‘n Regskenner, Ntando Sindane, sê Ngcukaitobi het dit duidelik gemaak dat hy dink die Konstitusionele Hof se bevel is op sigself ‘n interdik: