Skaf goedkoop eiendom in Kanada aan… maar dis onder water

‘n Erf naby die Erie-meer in Kanada is vir 99 000 Kanadese dollar oftewel 1,13 miljoen Namibiese dollar in die mark. Die 7,7 hektaar erf word as uiters goedkoop beskou omdat die gemiddelde huis in Kanada op die oomblik vir 688 000 Kanadese dollar of 7,9 miljoen Namibiese dollar verkoop. Maar, daar is een probleem met die eiendom. Dit is heeltemal onderwater. Daar is ook geen adres nie maar agente beskryf die buurt as stil en kat-vriendelik.