Otji-boere moet uit sê dorpsraad

Veertig boere wat net buite Otjiwarongo op munisipale grond boere het opgeruk na die dorp se munisipaliteit nadat hulle elk ‘n uitsettingsbevel vroeër die week ontvang het. Die boere, meeste van hulle pensioenarisse, sê hulle het geen ander heenkome nie. Die munisipaliteit wil die grond ontwikkel en die dorpsraad het beslis die boere moet gaan. Volgens die raad sal daar beslag op die diere gelê word en die eienaar sal 249 Namibiese dollar daagliks per dier betaal, indien hulle nie die gebied ontruim nie. Otjiwarongo se hoof uitvoerende beampte Frieda Mokotjomelo het die groep belowe dat sy die saak onder oorweging sal neem maar het bygevoeg dat die bevel steeds van krag is en die groep sal moet trek.