Zuma – ANC het standpunt ingeneem

Reaksie word steeds ontvang op oudpresident Jacob Zuma wat homself oorgegee het aan polisie om sy 15 maande tronkstraf vir minagting van die hof te begin uitdien. Die ANC-regering het ‘n baie sterk polisie teenwoordigheid net buite Nklandla gehad en owerhede sou hom in hegtenis geneem het sou hy homself nie oorgegee het nie. Dr Charles Sinkala, ‘n kenner in Afrika-sake sê die regering se stappe stuur ‘n baie sterk boodskap.

Hy voeg by dat Ramaphosa se administrasie daadwerklik die party se sake skoonmaak.