Zuma: aangeleentheid is bewys van leierskap

Die ANC sê oudpresident Jacob Zuma se besluit om homself aan die polisie oor te gee, is ‘n toonbeeld van leierskap. Die woordvoerder van die party Pule Mabe sê dat dit sonder twyfel ‘n moeilike tydperk vir die ANC is maar, dat die party onomwonde in sy verbintenis is om die Grondwet en die oppergesag van die reg te verdedig: