Is die piek van die derde vlaag verby?

Analiste is versigtig optimisties oor die jongste Covid-syfers wat deur Namibiese gesondheidsministerie bekend gemaak is. Volgens die ministerie is daar 3 754 pasiënte wat van Covid herstel het, wat drie keer meer is as die 1 286 nuwe gevalle wat bevestig is. Volgens data oor die afgelope sewe dae gemeet, het nuwe gevalle ook gedaal van 1 798 op 30 Junie tot die 1 286 wat op 7 Julie gemeet is. Daaglikse sterftes het ook gedaal alhoewel totale sterftes steeds styg. Oor die algemeen wil dit voorkom asof nuwe gevalle uitbrei na die kus en die sentraal-noorde en verre noorde terwyl Windhoek se gevalle skerp gedaal het. Lande van uiterstes beleef het in die verskeie vlae van die pandemie het dit vir tussen drie en vier weke ervaar.